Sendingwerk te Kokstad V.G.K. Gemeente

Hierdie bladsy is geskep om te help om die werk van die V.G.K. Gemeente op Kokstad te bemark. GAP Ministries, die eienaar van hierdie webwerf is nie betrokke by die werk van die Gemeente in Kokstad nie alhoewel ons ons volle ondersteuning daaraan gee, en graag wil sien dat ander belangstellendes dieselfde doen.
Ds. Christo Wooding het afgetree in die begin van 2022 en die werk in die gemeente en buiteposte oorgegee aan plaaslike opgeleide werkers. Ons sal nog vir geruime tyd hierdie bladsy in stand hou alhoewel ons dit nie meer gaan opdateer met die jongste nuus nie.
Agtergrond
"My Pa was sy lewe lank sendeling in Transkei en ek het grootgeword op `n sendingstasie. Van jongs af het ek geweet dat die Here my ook roep om vir Hom te werk in Transkei. Nadat ek my studies op Stellenbosch voltooi het, is ek in 1983 na Isilimela sendingstasie, aan die Wildekus, beroep en het daar vir 10 jaar gewerk. In 1993 is ons na Kokstad beroep, waar ons vandag nog werk en weet dat dit is waar die Here ons wil gebruik. Ons gemeente bestaan uit ongeveer 500 lidmate. Ons werk in `n baie groot gebied. Elke gemeente in Transkei bestaan uit `n hoofgemeente en buiteposte in die omgewing. Ons hoofgemeente is in Bhongweni, Kokstad se swartdorp geleë, en dan het ons nog sewe buiteposte in die omgewing, tot so 40km ver. Op die oomblik is ek die enigste leraar in ons ring en is dus konsulent by 7 gemeentes. Die verste punt waar ek werk is 160km van ons af.
Deel van ons werk is gewone gemeentebediening met alles wat daarmee saam gaan. Ons is egter ook betrokke met sendingwerk. Ongeveer 40% van Transkei se 5 miljoen mense is nog totale heidene. Hier is dus nog `n baie groot taak wat verrig moet word. Vanaf ons gemeentes en buiteposte bring ons die lig aan so baie wat nog in duisternis leef. Die Here seën die werk en daar is vrug op ons arbeid. Deur die jare kom mense tot bekering, word ons lidmate meer, word nuwe buiteposte gestig en kerke gebou. Hoewel die gewone Transkei mense in groot armoede leef, is hul baie vriendelike mense en ontvang ons altyd met liefde en respek.Daar is werklik nog `n groot geleentheid om die Evangelie aan die mense te bring. Veertien jaar gelede het ek, om een voorbeeld van vrug op die werk aan u te noem, by Aloekop buitepos dienste begin hou. Ons het kerk gehou in `n klein modderhutjie. Soms het `n paar mense die dienste bygewoon, party Sondae was daar niemand. Vir jare het daar nie veel gebeur nie en soms wou ek moed opgee. In 2004 het die Here die buitepos aangeraak. Baie mense het tot bekering gekom. Die modderhut was te klein en dienste is `n n ou skuur begin hou. Die gemeente het steeds uitgebrei en verlede jaar kon ons `n kerk bou op Aloekop. Toe ek 14 jaar gelede daar in `n eenvoudige hutjie begin dienste hou het, kon ek nooit dink dat daar eendag `n sterk gemeente met `n eie kerkgebou op Aloekop sou wees nie."


Mount Ayliff (Maxesibeni) VGK gemeente

Agtergrond oor Rietvlei Sendingstasie
VGK Kokstad Nuusbrief Argiewe
2016
Nuusbrief #67
2017
Nuusbrief #68
Nuusbrief #69
Nuusbrief #70
Nuusbrief #71
Nuusbrief #72
Nuusbrief #73
2018
Nuusbrief #74
Nuusbrief #75
2019
Nuusbrief #76
Nuusbrief #77
Nuusbrief #78
Nuusbrief #79
Nuusbrief #80
2020
Nuusbrief #81
Nuusbrief #82
Nuusbrief #83
2021
Nuusbrief#84


V.G.K. Kokstad Gemeente

Kruisgesante Oorkant die Kei
"Dalk is dit waar dat hierdie boek “an uneasy story” vertel. Tog, watter wonderlike voorreg was dit om deel van hierdie ongemaklike storie te kon wees! Dit gaan hier nie net oor ’n nostalgiese terugblik op die verlede nie; die doel is eerder om lesers terug te voer om met dankbaarheid na te dink oor hulle aandeel aan die bitter-soet verhaal van God se werk in Transkei. Dit sal ’n bonus wees as dit ’n nuwe geslag inspireer om op ander maniere, in ander tye en op ander plekke deel van God se genadewerk in hierdie wêreld te word. Ons roeping bly immers altyd van krag."