Sendingwerk in die Kalahari
Waar is die regte Kalahari vra ek jou?
Die Tswanas het die Kalahari sy naam gegee. Die beteken “groot dors” en Kgalagadi wat "plek sonder water beteken". Want sien hulle was heeltemal reg. Daar is nie eintlik water nie, dalk in die somer as die wolke hulle reen bring. Maar dan kruip die water in elk geval in die sand in. Dit gaan lê nerens en wag dat mens of dier dit kom drink nie. Dis weg, dis die groot dors as jy nie 'n skepding gehad toe die reen gekom het nie. Of tensy jy slim genoeg is om die water diep uit die pens onder die kalahari se sand te kon uitkry nie. Dan het jy die groot dors! Dit is hoekom die slim mense sê die Kalahari is 'n woestyn, of 'n halwe van 'n woestyn. Want sien, sê hulle daar is wel plante en diere maar daar is nie water nie. Die mens moet maar sy water saam met hom dra as hy daar kom.
As die Here jou soontoe stuur om daar te gaan woeker dan bere jy elke dag 'n Psalm in jou reissak en jy lees hom elke dag tot jy hom uit jou kop uit opsê. Want slaan gaan jy jou oë opslaan todat hulle bo oor die volgende rant kan kyk. En wonder gaan jy wonder vanwaar jou hulp elke dag gaan opdaag. Hierdie bladsy word gewy aan enkele diensknegte van die Here wat elk aand die stof van hulle skoene afvee en vir more 'n skoon stel klere moet uitsit want vandag s'n is deurtrek van die sweet. Lees hieronder verder.
Ou Nuus vanuit New-Xanagas - Botswana
Gawi en Dina bly op New-Xanagas in Botswana. Gawi se "e" het iewers verlore geraak. Maar in die kalahari maak dit nie saak nie. Daar is ook 'n Xanagas, maar dit is nie waar Gawi en Dina bly nie. Hulle bly op New-Xanagas. As jy die Trans-Kalahari teerpad Namibië toe vat en teen die weste wind inry voor jy by die groot hek kom, dan kry jy hulle op regterkant, en so bietjie van hulle op linkerkant.
Gawi het 'n "glory-lorry" met meer as 'n miljoen Kalahari kilometers op die klok. Gehad tot nou die dag toe bou hulle hom oor, vir die volgende miljoen. Want sien, dis 'n Kalahari Toyota. Gawi is lief vir die Boesmans. Hy wys hulle hoe om die kronkelpaaie in die lewe weer reguit te maak in die Here se aangesig. Al vir meer as twintig jaar trap hy elke dag deur die stof 'n paaidjie na hulle toe uit. Hier is so bietjie nuus oor wat Gawi hulle doen. Jy kan meer nuus by hom self kry. Maar hoekom gaan kuier jy nie self vir hulle nie, en ontmoet hom, en die nederigste nasie wat die Here gemaak het. Dis 'n lang pad, maar dis 'n teerpad. Jy kan daar kom met kan of twee water en brandstof in jou kattebak. Sy kontak besonderhede is hieronder. En die nommers werk nogal.
Die ou kalahari-Toyota (links) Die nuwe Kalahari-Toyota (regs)
Hier kry jy vir Gawi:
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587
Dina sel: Dina + 267 736 803 51
E-pos: xanagas@gmail.com
Gawi se blog: http://www.xanagasbotswana.blogspot.com
Dina sel: Dina + 267 736 803 51
E-pos: xanagas@gmail.com
Gawi se blog: http://www.xanagasbotswana.blogspot.com