Go and Proclaim Ministries South Africa
Home | About us | All Events | Prayer Initiatives | Community Work | Sitemap | Sitemap: Afrikaans | Contact us

Geloofbelofte-offer
NG Kerk Uitenhage Noord

 

"God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees." 2 Kor 9:10,11


Sendelinge wat ondersteun word deur die gemeente is Stephan en Keiko Smithdorff, Christo en Delesté Wooding en Pierre en Sugnét van Wyk. Vir hulle jongste nuusbriewe besoek die volgende bladsye: 

Jongste Nuusbriewe:
Christo en Delesté (Sep 2020)
Stephan en Keiko (Jan 2021)
Pierre en Sugnét (Feb 2021)


Vir die wat meer wil weet:

Wat is die GBO?
Die GBO stelsel is 17 jaar terug vir die eerste keer in die gemeente ingestel nadat ‘n behoefte ontstaan het om sendelinge en sending- inisiatiewe op ‘n individuele basis te ondersteun. GBO-fondse word aangewend vir werk BUITE die gemeentegrense en op die manier word daar uitvoering gegee aan die sendingopdrag. Op hierdie manier word u ‘n vennoot van sendelinge en in sendingprojekte. Die GBO is ‘n beproefde metode wat baie suksesvol dwarsoor die wêreld in kerke en gemeentes gebruik word om fondse vir sendelinge en sending-inisiatiewe in te samel.

 
Wat is die beginsels daaragter?
Die GBO onderskei homself van ander finansiële bydraes op die volgende maniere: dit word in biddende afhanklikheid van die Here en in vertroue op Hom vooruit belowe; dit is ‘n ekstra offer bo- en behalwe die gewone maandelikse dankoffer; dit is ‘n persoonlike verbintenis aan die Here alleen; dit word gedoen in geloofsvertroue en in gehoorsaamheid aan Hom met die vertroue en verwagting dat Hy elke maand dit wat beloof is, sal voorsien. Dit verg ‘n voortdurende bewustheid van ons afhanklikheid van die Here en die verskillende maniere hoe hy ons kan en wil seën.

Wat die GBO nie is nie: dit is nie ‘n truuk of foefie nie; daar is geen emosionele druk nie; dit is nie ‘n verbintenis aan mense nie, maar aan God; dit is ook nie ‘n kontant kollekte nie.

 
Waarvoor word bygedra?
Ons gemeente het drie voltydse sendelinge wat vanuit die gemeente ondersteun word te wete Christo en Deleste Wooding (Transkei Sending), Stephan en Keiko Smithdorff en hulle kinders (OM Japan) en Pierre en Sugnét van Wyk en hulle kinders (GAP-Go and Proclaim). Daar word vir spesifieke sendelinge bygedra en of vir die algemene fonds. Uit die algemene fonds word die tekorte op sendelinge se begrotings aangevul en ander sending-projekte ondersteun wat die visie van die gemeente, naamlik om dissipels te maak, ondersteun.

Hoe werk dit?
Elke jaar met die aanvang van die laaste kwartaal gedurende Oktober word die gemeente ingelig oor die werksaamhede en behoeftes van sendelinge en sending-projekte. Lidmate kry dan die geleentheid om te bid en te besin oor hulle betrokkenheid, en wat die aard daarvan moet wees. Gedurende die laaste Sondag van Oktober kry lidmate dan die geleentheid om betrokke te raak deur ie voltooiing van die GBO vorm.

Geskiedenis van die GBO sisteem in die gemeente
Besoek die bladsy hier

 
Kontakbesonderhede
NG Kerk Uitenhage Noord E-pos: ngkuitnoord@telkomsa.net
Besoek NG Kerk Uitenhage Noord se Facebook blad hier