Christian Artwork
Follow us:

 
 
Sendingwerk in die Kalahari

Waar is die regte Kalahari vra ek jou?

Nee dit is nie daardie aanlyn winkel waar jy boeke en ander goed wat jy nie nodig het kan bestel nie. In die regte Kalahari voel jy die sand onder jou voete, die son op jou vel en die wind deur jou hare. In die regte Kalahari hoor jy die voëls in die bome en sien jy hoe die Here met sy verfkwas deur die sonsondergang vee. Dit kan jy nie aanlyn bestel nie. Niemand kon dit nog ooit in 'n boks kry nie, want sien, jy kan nie! Jy moet soontoe gaan om dit te beleef. En dan is daar die mense wat gevorm is in die stof en die sand en die hitte van daardie stuk genadelose aarde. Hulle het deursettingsvermoë in hulle pype en gasvryheid in hulle are.   
 
Die Tswanas het die Kalahari sy naam gegee. Die beteken “groot dors” en Kgalagadi wat "plek sonder water beteken". Want sien hulle was heeltemal reg. Daar is nie eintlik water nie, dalk in die somer as die wolke hulle reen bring. Maar dan kruip die water in elk geval in die sand in. Dit gaan lê nerens en wag dat mens of dier dit kom drink nie. Dis weg, dis die groot dors as jy nie 'n skepding gehad toe die reen gekom het nie. Of tensy jy slim genoeg is om die water diep uit die pens onder  die kalahari se sand te kon uitkry nie. Dan het jy die groot dors! Dit is hoekom die slim mense sê die Kalahari is 'n woestyn, of 'n halwe van 'n woestyn. Want sien, sê hulle daar is wel plante en diere maar daar is nie water nie. Die mens moet maar sy water saam met hom dra as hy daar kom.  
 
As die Here jou soontoe stuur om daar te gaan woeker dan bere jy elke dag 'n Psalm in jou reissak en jy lees hom elke dag tot jy hom uit jou kop uit opsê. Want slaan gaan jy jou oë opslaan todat hulle bo oor die volgende rant kan kyk. En wonder gaan jy wonder vanwaar jou hulp elke dag gaan opdaag. Hierdie bladsy word gewy aan enkele diensknegte van die Here wat elk aand die stof van hulle skoene afvee en vir more 'n skoon stel klere moet uitsit want vandag s'n is deurtrek van die sweet. Lees hieronder verder.  
   

 

DESERT FLOWER RUN or WALK.
New Xanagas Botswana.
3 July for 4 July 2015
Desert Flower Run is back!!!
COME AND EXPERIENCE RUNNING OR WALKING IN THE KALAHARI
BUSH WITH A GPS and the local Bushmen.
REMEMBER YOUR PASSPORTS !!
Petrol is + R1 per liter cheaper in Botswana.
The correct GPS reading for New Xanagas is : S 2227.471 E 02039.291
WE HAVE AN UNLIMITED ENTRY !!
Run or Walk.
You take part in this race entirely on your own risk.
PLEASE!!
Make sure how to use your GPS.
It will be just ± 20 km but some of the groups took 5 -
7 hours to complete it in the past.
Please arrive on Friday during the day since we will leave VERY EARLY for the starting
line on Saturday 4 July 2015.
If you don't have a GPS -
come, we found that the groups run together, they form small "buses".
You must carry your own water, ± 3 liter will be enough.
Bushmen youth will also run with us.
We will camp at the finish line in New Xanagas and leave Sat morning early with the
Glory Lorry, a 4x4 Bedford for the starting line.
New Xanagas is 1100 km from Pta on the Tr ans Kalahari Highway.
Remember it is VERY cold in the night
You are welcome to stay for the Sunday morning servi ce to hear the beautiful singing of
the Bushmen.
Everything is FREE!! You can give a donation if you wish and enjoyed it. G awi.

Nuus vanuit New-Xanagas - Botswana

Gawi en Dina bly op New-Xanagas in Botswana. Gawi se "e" het iewers verlore geraak. Maar in die kalahari maak dit nie saak nie. Daar is ook 'n Xanagas, maar dit is nie waar Gawi en Dina bly nie. Hulle bly op New-Xanagas. As jy die Trans-Kalahari teerpad Namibië toe vat en teen die weste wind inry voor jy by die groot hek kom, dan kry jy hulle op regterkant, en so bietjie van hulle op linkerkant.

Gawi het 'n "glory-lorry" met meer as 'n miljoen Kalahari kilometers op die klok. Gehad tot nou die dag toe bou hulle hom oor, vir die volgende miljoen. Want sien, dis 'n Kalahari Toyota. Gawi is lief vir die Boesmans. Hy wys hulle hoe om die kronkelpaaie in die lewe weer reguit te maak in die Here se aangesig. Al vir meer as twintig jaar trap hy elke dag deur die stof 'n paaidjie na hulle toe uit. Hier is so bietjie nuus oor wat Gawi hulle doen. Jy kan meer nuus by hom self kry. Maar hoekom gaan kuier jy nie self vir hulle nie, en ontmoet hom, en die nederigste nasie wat die Here gemaak het. Dis 'n lang pad, maar dis 'n teerpad. Jy kan daar kom met kan of twee water en brandstof in jou kattebak. Sy kontak besonderhede is hieronder. En die nommers werk nogal.
 
   
Die ou kalahari-Toyota Die nuwe Kalahari-Toyota
 
Oktober 2014 Nuusbrief
"Dink jou in .. Dis Sondagmôre, die hele gemeente het vandag kerk toe gekom. Die sendelingdominee kyk so na sy kudde. Die kinders sit hier heel voor styfff teen mekaar aangedruk, oë vol afwagting op hom. Die ouer madalas het stoeltjies. Die res staan of sit op die warm Savuti sand, party het darem ‘n kussing of opvoukombersie saamgebring. Die skaduwee onder die eeu oue Kameeldoringboom skuif aan en die groepie skuif saam met die skadu, skuiling teen die Kalahari son. Almal gereed vir die Woord wat hy vandag gaan bring. Vandag se teks kom uit 1 Konings 19. ‘n Boodskap oor tou opgooi. Moed verloor. En wen in Christus."
Gawi se Blueprint Jan 2014
 
Hier kry jy vir Gawi
Gawi sel: + 267 713 698 57 of + 267 736 967 37 of sms 0721 580 587 
Dina sel: Dina + 267 736 803 51
E-pos: xanagas@gmail.com
Gawi se blog: http://www.xanagasbotswana.blogspot.com

Home | About us | All Events | Prayer Initiatives | Giving | Sitemap | Contact us