Follow us:

 
 

Pitkos uit die Gamtoos

 
Sendingkerk (oorspronklike April 2004 – effe gewysig)
Die Sendingkerk soos die spreektaal sê
Het sommer baie diep in my hart kom lê
‘n Kerk met sy minse wat die bronne van die aarde
nog hoog skat en gebruik na waarde
 
Luister na die Ballade van Sokkel Stimkana:
My vrou maak vuur en knie die deeg
al is die koskas byna leeg
Maar in die hoek staan ‘n emmer meel
Net roosterkoek vanaand kan my nie skeel
 
Dis neghe-uur hier op die plaas
Sit aan vir eiers, wors en kaas
hier op die lanne waar die trekkers raas?
My koue askoek is genoeg
En sykerlose koffie ……laat ek verder ploeg
 
Wat sitik Sonnag aan my se lyf
My skoene stikkent en my boordjie styf
Wat makitsaak wadie minse sê
as God my by die diens wil hê?
 
By die bazaar vatik ma oppie boek
‘n stikkie vleis en ‘n tjoklitkoek
Want eers annerweek gaatik pay
En dan’s my beersie baja bly
 
Alewig moetik rygoed soek
en dis kontant – daar is gin boek
Doomnie wil ons by die vergaadring sien
Ek willie weer ‘n brief indien
 
Met Pinkster moet ons op Patensie wees
vir al die wyke se nagmaalsfees
Ikis so lus vir potjiekos
En sal nie sommer dit wil los
 
My doeminie – ik hette vrou
ma nou wil ik by djou kom trou
Want ons wil wettiglik hier bly
Ek’s nou ‘n kerkmins – wat moet ek jou pay?

En na die tyd is daar onthaal
hier in die plaas se grootste saal
En elke oompie, niggie, neef
wil tog so graag die bruidspaar leer
hoe om die sonde oral weg te keer!
 
My tanne is al almal yt
En ek sukkel om my vleis te byt
Maar in die hemel sal ik alles hê
Dis mos wat die Groot Boek sê
 
By Cambria is daar ‘n bees
Hy’s vet en swaar – hier kom ‘n fees
Oom Tatie  saag dit met galop
en doomnie sit die pryse op

Dis ‘n basaar waar ons uit die swartpot eet
Van vroegaf moet die mannes  sweet
Om die vuur betyds gereed te kry
dat ons teen twaalfuur vleis kan eet
 
Die vrou moet roer  voor woekerdag
Nie sente soek, maar blare – sag
Haar bussie is nog glad nie vol
Sonder  ‘n honderd rand gaan dit lol
 
Here – U’t so swaar geboet
En ek wil kla van loop te voet
Die kerkgebou en winkel’s ver
Maar U’s die lig, die Morestêr
 
Die winkelskuld is baie swaar
Ik wens dis einde van die jaar
dan kinik dalk afbetaal
want anners gaadid my inhaal
 
Dis djaare watik laas was in die Baai
Hoe dit nou lyk, kinik net raai
In dié koppe moet hul my berê
want dis my geboorteplaas
Tussen lemoenbome en trekkers
wat vroegmôrens en tot laat kin raas…

Deon L Slabbert (SAnadees se Blog)

Home | About us | All Events | Prayer Initiatives | Giving | Sitemap | Contact us